30 Jean Road Blairgowrie, Randburg 2123
Yolandi Kok
Yolandi Kok
Leraar

Ontmoet vir

ds. yolandi Kok

Ds Yolandi Kok is sedert 1 April 2020 ons nuwe voltydse leraar. Sy is getroud met Pierre en hulle het drie dogters – Mieke, Anouk en Mia. Yolandi glo dat God ‘n baken van hoop sal wees in Suid-Afrika en kombineer haar geloof met haar passie om verhoudings te bou en help herstel.

Yolandi het aan RAU, Stellenbosch en Pretoria gestudeer. Na afloop van haar eerste M.Div-graad het sy vier jaar in Suid-Korea deurgebring waar sy geleer het om Koreaans te praat, lees en skryf. Sy het onderrig gegee in Engels as spreektaal en was betrokke as deeltydse Jeugleraar by ‘n Prebiteriaanse gemeente.

Yolandi begin as proponent by die NG Gemeente Krugersdorp Noord waarna sy haar gemeentejaar as hulpleraar by die NG Gemeente Constantiakruin aflê terwyl sy jaar tweede M.Div. graad voltooi.

Yolandi het tydens die inperkingstydperk verskeie gemeente aktiwiteite begin en is al klaar geliefd onder oud en jonk!