Skip to main content Scroll Top
30 Jean Road Blairgowrie, Randburg 2123

Opkomende Gebeure

& afkondigings

Skakel in by ons

aanlyn erediens

Ons ‘Live Stream’ erediens is elke Sondag om 09:00 op
YouTube & Facebook beskikbaar

Sluit aan by ons

geloofsgemeenskap
01.
musiek

Ons musiekbediening word deur Marlé van Heerden gelei. Die voorsangers oefen Sondae voor die erediens. Ons voorsangers is ‘n informele groep wat roteer volgens elkeen se beskikbaarheid.

Ons koor tree op tydens spesiale eredienste en ons jaarlikse kerkfeeste.

As jy dit geniet om te sing en jou geloof deur sang wil uitleef, kontak gerus vir Marlé  om te hoor hoe jy deel kan word.

Marlé van Heerden

063 718 5643

02.
Jeugbediening

Sondag groepies geskied op Sondae 09:00. Die groepies is ingedeel volgens klassies:
0-2 Jaar; 2-5 Jaar; GrR&1; Gr2&3; Gr4&5; Gr6&7; Gr8-10; Belydenis klas

Pop Up Church is ons tienerbyeenkomste vir Gr7 – Gr12 leerders en kom drie keer per kwartaal bymekaar op Vrydae 18:00 – 20:30. Dit is ‘n veilige omgewing waar die kids sosiaal verkeer en mekaar beter leer ken. Byeenkomste vir 2024 het sover die volgende behels: Fear Factor, Safari Ete, Volleybal Championships en Paintball.
Pop-Up Teens het ook die Jaar #Imagine en Godly Revolution bygewoon. Daar was ook ‘n Tienerkamp gewees in die Julie vakansie.

Pop-Up Tweens kom een keer ‘n maand op Vrydae bymekaar van 17:00 – 19:00. Daar is geleentheid vir sosialisering, prettige speletjies, asook vir leer geleenthede. Besprekingspunt voorbeelde is identiteit, vriendskap en tegnologie. Hierdie initiatief word ook ondersteun deur die Linden Ring.

Ingrid Harper

082 780 0160

03.
Seniorbediening

Domus Dei Randburg-Suid is al baie jare met trots betrokke by Eklesiapark Tuiste vir Bejaardes. Die emosionele, fisiese en geestelike welstand van die bejaardes is vir ons baie belangrik.

Alhoewel baie van die bejaardes weekliks aktief inskakel by ons gemeente aktiwiteite, is daar ook elke Woensdag 9:30 ‘n preekbeurt by Eklesiapark. Die preke word om die beurt deur Ds Yolandi Kok en ander predikante gelei.

Raak betrokke by die bediening
Ds. Yolandi Kok

079 354 7902

Ekklesiapark Tuiste vir Bejaardes 
Maatskaplike werker:
Chandré Burger

063 944 3261

04.
kleingroepe

Die mannegroep kom elke tweede Vrydag 7:00vm bymekaar om saam ontbyt te eet en verhoudinge te bou.

Die vrouegroep kom elke tweede Saterdag 8:00vm bymekaar vir kuier, ondersteuning en saam groei.

05.
Gesinsbediening

Ons maak kwartaalliks ‘n Geloof by die huis boks op wat gesinne kan gebruik om geloofsritmes by die huis te vestig.

Daar word ook kwartaalliks ouerbegeleidings geleenthede aangebied om ouers te bemagtig.

GETROUD is ‘n kwartaallikse huweliksverryking geleentheid om getroude pare te bemagtig om te groei in hul verhouding.

06.

Langtafel

Langtafel gebeur Sondae 19:00. Dit is ‘n gespreksgeleentheid oor spesifieke tema’s of Bybelgedeeltes. Die tafel is lank omdat ons graag hierdie geleentheid wil gebruik om te oefen hoe om mense na ons tafel toe te nooi. Dit is ons droom dat ons binnenkort hierdie geleentheid om ‘n regte tafel kan hou.
Laat weet as daar vrae of opmerkings is.

Ds. Yolandi Kok

079 354 7902

Domus Dei

Kontak ons
Kontak Ons

Kantoornommer: 072 367 4739
Kantoor ure: Weeksdae 09:00 – 16:00
Leraar, Ds. Yolandi Kok: 079 354 7902

E-pos adresse
straat/pos adres

Jeanweg 30, Blairgowrie
Randburg, 2123

Bankbesonderhede – FNB

Domus Dei | FNB Cresta
Rekening Nommer: 63009966227, Gold Business Account

Bankbesonderhede – ABSA

NG Kerk Tvl. Randburg-Suid | ABSA Randburg
Rekening Nommer: 170-580-028, Tak Kode: 632 005

SNAPSCAN OPSIE:

Skandeer gerus die kode hieronder om ‘n Snapscan betaling te maak, of kliek op die prentjie om direk na die webbladsy te gaan.

SnapScan betaling aan DomusDei