Geniet ons
Die afgelope Maandag en Dinsdag het die fondasie van die kerkgebou gebewe met kinderlaggies en voetstappies wat speel en pret het. 22 kinders het ingeklok by 9 jeugleiers.
Ons het met die kinders gesels en speletjies gespeel rondom selfbeheersing en die waarde daarvan in hul daaglikse lewe.
Jesus se woestynpad en Dawid wat vervolg word is as voorbeelde gebruik.
Heerlike aanbiddingsliedjies is deur die aanbiddingspan aan die Here opgedra, die klankspan het hul so goed van hul taak gekwyt. Albei hierdie spanne was Pre-Teens en Tieners van ons eie Domus Dei.
Lieneke, Michael, Gizelle, Inge, Ingrid, George, Annika, Lieschen en Kara. Dankie vir julle vakansietyd wat julle opgeoffer het om die geleentheid aan Domus Dei se kids en gemeenskapskids te bied om Jesus liefde te ervaar deur julle. My koppie loop oor van dankbaarheid, julle arms maak ons sterker!!
Vandag was daar Poppekas by Domus Dei gewees. Die geboorte van Jesus is deur tannie Machteld van Puppetales opgevoer. 43 pare kinder ogies het stil geluister en af en toe het n giggel ontsnap. Die kinders was ook deel gewees van n “Amazing Grace” klokkespel, wat ons laat besef het hoe groot ons Jesus se genade is.
Saterdagaand het ons die “Fees van die Lewende Lig: Jesus” by Domus Dei gevier. Piekniek mandjies is gepak en daar is speletjies met die kleinspan gespeel. Saam met die aanbiddingspan kon ons, ons Here se naam groot maak. Hy is ons Lig, elke dag! Laat ons, ons liggies ook vir Hom skyn!
14 OKTOBER PIKKIES EN PEUTERS KLEUTERSKOOL
Vanoggend was Pikkies en Peuters aan die beurt om bederf te word vir onderwysersdag. Ons kon ‘n boodskap van omgee aan hulle oordra en hulle bedank vir die werk wat hulle met die kindertjie doen, hulle is n verlenging van ons as ouers en ons as ouers is mos n verlenging van ons Jesus.
Op Vrydae kom vertel Tannie Ingrid vir die Gr R’e Bybelstories en sing Bybelliedjies uit volle bors by Pikkies en Peuters.
Dit is ‘n voorreg om hande met hulle te kan vat!
KLOUTERKERK 27 JUNIE
VRUG VAN DIE GEEs
Na die storie vertel is, het elke kindertjie ‘n beurt gekry om Koning Josia te speel en was hul natuurlik verbaas om te hoor dat hy maar net 8 jaar oud was toe hy Koning geword het, in ag geneem dat meeste van die kinders 5 is. Elkeen het ‘n boekmerkie gekry om hulle te help om die storie te kan onthou. Lanklaas het ek so lekker ‘Stuck in the mud’ gespeel. Wat ‘n plesier om met die groepie te kan werk….of is dit nou speel????