Ingrid is getroud met Henry vir die afgelpe 20 jaar. Die Egpaar het twee kinders, Michael en Lieschen, wat beide in die Hoërskool is.
As jong dame het sy van Piet Retief stad toe gekom en as gevolg van haar werk het sy op baie verskillende areas in Johannesburg gewoon, soos wat sy getrek het, het sy nog altyd ‘n veilige hawe in die kerke rondom haar gevind. Ingrid en haar man was saam jeugleiers toe hulle ontmoet het by AGS Randburg en het die jongklomp saam bedien. Ingrid het nog altyd ‘n passie vir gemeenskapswerk gehad en haar talente daarop toegespits om die wêreld se draadjies bymekaar te trek om ander mense styf vas te hou.


