Hier is ‘n vinnige blik op ons bouprojek aktiwiteite en vordering…
DomusDei Bouprojek β 20250211
π Groot Nuus! Ons bou aan iets ongeloofliks! π
π§ Ons nuwe stoep se dak is in aanbou! Dit beteken baie gesellige Sondae nΓ‘ eredienste met heerlike koffie en tee! βπΆ Ons StreetFood-projek kry ook hier ‘n hupstoot β méér geleenthede om saam te kuier en mense te dien!
β¨ Ons koffiekombuis kry ‘n stylvolle opgradering! Die pragtige kwartsblaaie is in, en ons begin nou met die inbou van nuwe kaste! Hierdie kombuis gaan die kern van diep, vriendelike en inspirerende gesprekke word β ‘n plek waar ons gemeenskap mekaar op ‘n spesiale manier ontmoet.
π± Ons grasperk kry nuwe lewe! Hierdie geliefde ruimte, waar ons Teens met soveel geesdrif vlugbal speel π, ons buitelugdienste hou, en natuurlik β waar ons legendariese September Weber-braai plaasvind, word nou weer perfek herstel!
Ons is opgewonde oor wat voorlΓͺ! Dankie aan elkeen wat deel is van hierdie ongelooflike reis! ππ
Indien julle ‘n bydrae wil lewer tot hierdie projek, besoek gerus ons Back-a-Baksteen promosie.
https://www.backabuddy.co.za/campaign/domus-dei-back-a-baksteen
Gaan kyk ook gerus na ons Youtube kanaal…

