Kom geniet die oggend saam. 08:00 Verwelkoming en begin met kosmaak. 11:30 Aansit vir ete & kyk die Rugbytoets tussen Bokke en Wallabies.
Ons gemeente se naam Domus Dei beteken ‘Huis van God’. Ons misie is om as gemeente ‘n geloofsgesin vir mekaar te wees maar ook om dat ons geloof by ons huise sal leef en doen.
Kom ondersteun asseblief ons “Borg n koppie/piering of bekker” projek voor die erediens of na die erediens buite by ons koffie tafel.
Dankie!
Die langnaweek van 5 tot 9 Augustus 2022 hou ons ‘n gemeentekamp by Bosveld Oase, wat 23km vanaf Brits geleë…
Groepinskakeling
Vul ons aanlyn vorm in om u lidmaatbesonderhede te registreer
of op te gradeer wanneer u besonderhede verander.
Domus Dei Randburg-Suid is al baie jare met trots betrokke by Eklesiapark Tuiste vir Bejaardes. Die emosionele, fisiese en geestelike welstand van die bejaardes is vir ons baie belangrik.
Alhoewel baie van die bejaardes weekliks aktief inskakel by ons gemeente aktiwiteite, is daar ook elke Woensdag 9:30 ‘n preekbeurt by Eklesiapark. Die preke word om die beurt deur Ds Yolandi Kok en ander predikante gelei.