30 Jean Road Blairgowrie, Randburg 2123

Gemeentekamp 5 tot 9 Augustus 2022 Bosveld Oase – Brits distrik Hou die datums oop!

kamp1

Die langnaweek van 5 tot 9 Augustus 2022 hou ons ‘n gemeentekamp by Bosveld Oase, wat 23km vanaf Brits geleë is. Daar is kampeer- of karavaanstaanplekke en ‘n beperkte aantal dubbelkamers as verblyf beskikbaar. Kyk gerus na die webwerf en die Tripadvisor resensies:

https://www.bosveldoasebrits.co.za/

https://www.tripadvisor.co.za/Hotel_Review-g2205639-d12833095-Reviews-Bosveld_Oase-Brits_Madibeng_North_West_Province.html

Die tariewe en reëls is op die webwerf.

Ons het voorlopig ‘n ses bed chalet (vir ds Yolandi en gesin), sewe en suite kamers en twintig kampeer- of karavaanstaanplekke vir die gemeente bespreek. As die belangstelling groot is, behoort daar nog staanplekke beskibaar te wees.

Daar moet vir al vier aande bespreek en betaal word en daar is ‘n 50% deposito betaalbaar wat nie verhaalbaar is indien daar gekanselleer word nie. Indien die kansellasies egter weens COVID of ‘n ander soortgelyke verbod op vakansies is, is die deposito oordraagbaar vir ‘n toekomstige bespreking.

Besprekings sal deur Esti hanteer word en open 12 Januarie 2022 en sluit 16 Maart 2022.